Acts 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in die sinagoge ingegaan en drie maande lank met vrymoedigheid gepraat en die dinge aangaande die koninkryk van God betwis en oortuig.
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus is toe na die sinagoge en hy het daar vir drie maande lank met vrymoedigheid gepreek. Hy het besprekings gehou en oortuigende argumente aangevoer oor die koningsheerskappy van God.
Afrikaans 1933/1953 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
Afrikaans 1983 Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Paulus het toe na die •sinagoge gegaan en daar vir drie maande lank met vrymoedigheid gepreek, geredeneer en hulle probeer oortuig aangaande die •koninkryk van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus het toe na die sinagoge gegaan en hy het drie maande lank elke dag met die Jode gepraat. Hy was nie bang nie, hy het vir hulle gesê dat God Koning is oor almal. Hy het hard probeer dat hulle dit ook moet glo, soos hy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus het daarna by die sinagoge in Efese gaan besoek aflê. Hy het die volgende drie maande gereeld soontoe gegaan. Keer op keer het hy met die mense gaan redeneer. Hy het hard probeer om hulle te oortuig dat hulle slegs in God se nuwe wêreld kon kom as hulle in Jesus glo. Maar baie van hulle het volstrek geweier om in Jesus te glo. Later het hulle met Paulus begin spot en lelike dinge oor Jesus daar voor almal kwytgeraak. Paulus was baie ontevrede.