Acts 19:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Paulus hulle die hande opgelê het, het die Heilige Gees oor hulle gekom; en hulle het in tale gespreek en geprofeteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer.
Afrikaans 1933/1953 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Afrikaans 1983 Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het oor hulle gekom, en hulle het in tale gespreek en geprofeteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus het sy hande op hulle gesit, en toe het die Heilige Gees in hulle gekom. Hulle het begin om in tale te praat en om die boodskap van God te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [6-7] Dadelik het die groot krag van die Heilige Gees in hulle begin werk. Hulle het ook in ander tale gepraat. Boonop het hulle nou ook oor die vermoë beskik om te profeteer en God se wil bekend te maak. Hulle was omtrent twaalf persone.