Acts 19:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons is in gevaar om in twyfel getrek te word vir hierdie dag se oproer, want daar is geen rede waardeur ons van hierdie sameloop rekenskap kan gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons loop eerlikwaar gevaar om oor vandag se gebeure van opstand aangekla te word. Daar is geen gronde vir hierdie betoging nie, en ons kan dit nie verantwoord nie.” Hiermee het hy die vergadering verdaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind. |
| Afrikaans 1983 | want ons loop gevaar om van opstand aangekla te word oor die dinge wat vandag hier gebeur het. Daar is geen rede vir hierdie oploop nie, en ons sal dit nie kan verantwoord nie.” Deur dit te sê, het hy die byeenkoms uitmekaar laat gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ons loop reeds gevaar om oor vandag se oproer aangekla te word, aangesien daar geen grond is wat ons as regverdiging vir hierdie opskudding kan aanvoer nie.” Nadat hy dit gesê het, het hy die volksvergadering verdaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want mense sal miskien vir ons beskuldig en sê dat ons vandag geskree en geraas het, maar ons weet nie hoekom nie. Ons sal ook nie kan sê hoekom ons kwaad geword het nie.” En nadat die hoof-amptenaar hierdie dinge gesê het, het hy gesê die vergadering is verby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het nie eintlik ’n goeie rede waarom ons nou so skree en raas nie.” Met hierdie woorde het die stadsklerk die skare uitmekaar laat gaan. |