Acts 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Paulus: Johannes het voorwaar gedoop met die doop van bekering en aan die volk gesê dat hulle moet glo in Hom wat ná hom sou kom, dit is in Christus Jesus.
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus sê toe: “Johannes se doop was ’n bevestiging dat ’n mens jou van jou sonde bekeer het tot God. Johannes het self vir die volk gesê hulle moet in Jesus glo, dié Een wat hy gesê het ná hom kom.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat nhom kom, dit is in Christus Jesus.
Afrikaans 1983 Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Paulus gesê: “Johannes het gedoop met 'n bekeringsdoop, toe hy vir die volk gesê het om te glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Jesus.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Paulus het gesê: “Johannes het mense gedoop sodat hulle sal verander en sal lewe soos God wil hê. Johannes het ook vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat later sal kom. Daardie Persoon is Jesus.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Johannes het mense gedoop wat bereid was om op te hou met hulle sonde,” sê Paulus toe. “Johannes het ook vir elkeen wat hy gedoop het, gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom op die toneel sou verskyn. Daardie Een is Jesus. Daarom geld Johannes se doop nou nie meer nie.”