Acts 19:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien hierdie dinge dan nie teëgespreek kan word nie, behoort julle stil te bly en niks oorhaastig te doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dít staan soos ’n paal bo water. Bedaar dus en moenie iets oorhaastigs doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Niemand kan dit betwis nie. Bedaar dus en moenie iets oorhaastigs doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat dit nie ontken kan word nie, is dit nodig dat julle tot bedaring kom en niks oorhaastigs aanvang nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die waarheid, niemand kan oor hierdie dinge stry nie. Julle moet nou kalm en rustig wees en julle moenie haastig wees om iets verkeerd te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand kan tog daarteen stry nie. Word asseblief nou kalm. Moenie iets onverantwoordeliks aanvang nie. |