Acts 19:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die stadsamptenaar die volk kalmeer het, sê hy: Manne van Efese, watter man is daar wat nie weet dat die stad van die Efesiërs 'n aanbidder is van die groot godin Diana en van die beeld wat van Jupiter neergeval het nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Uiteindelik het die stadsklerk die betogers tot bedaring gebring. “Geagte Efesiërs,” het hy gesê, “daar is verseker geen mens wat nie weet dat die stad Efese die tempelbeskermer is van die groot Artemis, wie se beeld hier by ons uit die hemel geval het nie!
Afrikaans 1933/1953 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Ef,siërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Ef,siërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
Afrikaans 1983 Uiteindelik het die stadsklerk daarin geslaag om die skare tot bedaring te bring. “Efesiërs,” het hy gesê, “watter mens weet nou nie dat die stad van die Efesiërs die beskermer is van die tempel van die groot Artemis en van haar beeld wat uit die hemel geval het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stadsklerk het die skare egter tot bedaring gebring en gesê: “Manne van Efese, wie is daar onder die mense wat nie weet dat die stad Efese die beskermer is van die grote Artemis se tempel en van haar beeld wat uit die hemel geval het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-amptenaar het die mense stilgemaak, en toe het hy vir hulle gesê: “Efesiërs, al die mense weet dat die stad van die Efesiërs die tempel van die groot Artemis beskerm, en die stad beskerm ook Artemis se beeld wat uit die hemel geval het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uiteindelik het die stadsklerk daar opgedaag en die skare tot bedaring gebring. Hy het vir hulle gesê: “Inwoners van Efese, almal weet tog hoe belangrik ons stad is. Ons is immers die beskermers van Artemis se groot tempel en van haar standbeeld wat lank terug uit die hemel geval het.