Acts 19:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe hulle geweet het dat hy 'n Jood was, het almal met een stem omtrent twee uur lank uitgeroep: Groot is Diana van die Efesiërs. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe hulle agterkom dat hy ’n Jood is, was daar vir byna twee uur lank één kreet van die kant van die skreeuende skare: “Groot is Artemis van die Efesiërs! Groot is Artemis van die Efesiërs!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Ef,siërs! |
| Afrikaans 1983 | Maar toe hulle merk dat hy 'n Jood is, het hulle almal byna twee uur lank uit een mond aangehou skreeu: “Groot is Artemis van die Efesiërs!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hulle agterkom dat hy 'n Jood is, het een kreet uit almal opgeklink. Hulle het twee ure lank aaneen geskreeu: “Groot is Artemis van die Efesiërs!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle uitvind dat Aleksander 'n Jood is, het hulle almal saam omtrent twee uur lank aangehou skree en gesê: “Artemis van die Efesiërs is baie belangrik!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met nuwe geesdrif het hulle weer begin skree: “Artemis is die groot godin van die Efesiërs!” Twee ure lank het dit so aangehou. |