Acts 19:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Alexander uit die skare getrek, en die Jode het hom voorgesit. En Alexander het met die hand gewin en sou sy verdediging by die volk gelewer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige van die Jode het vir Aleksander vorentoe gestoot, en hulle het uit die skare vir hom gesê wat hy moet doen. Hy het met sy hand beduie dat hy iets ter verdediging vir almal wil sê.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.
Afrikaans 1983 Toe die Jode vir Aleksander vorentoe stoot, het party van die mense vir hom gesê wat aan die gang is. Hy het met sy hand gewys dat hy iets vir die volk wil sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het Aleksander na vore gestoot en hom voorgesê. Aleksander het 'n handgebaar gemaak, en wou sy verdediging voor die skare lewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode het vir Aleksander vorentoe gestoot, en party van die mense het toe vir hom gesê wat hy moet sê. Hy wys toe met sy hand dat hy vir die vergadering van die volk wou sê wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aleksander, aangesê om die skare toe te spreek. Hy het probeer om hulle stil te maak en aan hulle te verduidelik dat die Jode nie die oorsaak van die oproer was nie. Maar toe die skare agterkom dat hy ’n Jood is, het hulle hom doodgeskree.