Acts 19:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sommige het dan een ding geroep en ander iets anders, want die vergadering was verward; en die meeste het nie geweet waarom hulle bymekaar gekom het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Binne die amfiteater het party dít geskreeu en ander dát. Die vergadering was regtig in die war en die meeste het eintlik nie eers geweet hoekom hulle daar bymekaar was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie. |
| Afrikaans 1983 | Almal het deurmekaar geskreeu, en die hele vergadering was in die war. Die meeste mense het nie geweet hoekom hulle daar bymekaar was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Intussen het hulle bly skreeu, sommige dit en ander dat, want die volksvergadering was in verwarring, en die meeste het nie eers geweet waarom hulle bymekaargekom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense het iets geskree, en ander mense het iets anders geskree. Al die mense in die vergadering was deurmekaar, en baie mense het nie geweet hoekom hulle daar bymekaargekom het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het die skare in die amfiteater aangehou om slagspreuke te skree. Dit was later ’n hele deurmekaarspul. Almal het geskree net wat hulle wou. Niemand het ’n idee gehad waaroor dit eintlik gaan nie. Onder al die geraas deur het die Jode een van hulle leiers, ’n man met die naam |