Acts 19:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sommige van die owerstes van Asië, wat sy vriende was, het na hom gestuur om hom te begeer dat hy homself nie in die teater sou waag nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ook het party van die hoë amptenare van die provinsie Asië wat Paulus se vriende was, vir hom ’n boodskap gestuur en hom gewaarsku om dit nie in die amfiteater te waag nie.
Afrikaans 1933/1953 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
Afrikaans 1983 Ook het party van die hoë amptenare van die provinsie Asië wat goedgesind was teenoor Paulus, vir hom 'n boodskap gestuur om hom te waarsku om nie na die amfiteater toe te gaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook sommige van die hoë amptenare van Asië wat met hom bevriend was, het vir hom 'n boodskap gestuur en by hom gepleit dat hy hom nie in die teater begewe nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van die belangrike leiers van die provinsie Asië was ook Paulus se vriende. Hulle het vir Paulus 'n boodskap gestuur en hulle het vir hom mooi gevra om nie na die teater te gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Paar leiersfigure in die provinsie wat op daardie tydstip in Efese was en wat goeie vriende van Paulus was, het hom ook laat weet om onder geen omstandighede na die amfiteater toe te gaan nie.