Acts 19:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele stad was vol verwarring; en nadat hulle Gajus en Aristarchos, manne van Masedonië, Paulus se reisgenote, gevang het, het hulle eendragtig die teater binnegestorm.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele stad was in rep en roer, en soos een man het die mense amfiteater toe gestorm. Hulle het vir Gaius en Aristargus, albei Masedoniese reisgenote van Paulus, saamgesleep.
Afrikaans 1933/1953 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Arist rchus saam, Macedoniërs wat reisgenote van Paulus was.
Afrikaans 1983 Die oproer het oor die hele stad uitgebrei. Soos een man het die mense na die amfiteater toe gestorm. Hulle het vir Gaius en Aristargos, twee Masedoniërs wat saam met Paulus gereis het, gegryp en saamgesleep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En daar het verwarring oor die hele stad gekom; hulle het soos een man na die amfiteater gestorm en Paulus se reisgenote, die Macedoniërs Gaius en Aristargus, saamgesleep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in die stad het opstandig geword. Hulle hardloop toe almal saam na die teater. Hulle het ook vir Gaius en Aristargus gegryp en saamgeneem. Gaius en Aristargus het van die provinsie Masedonië gekom en hulle het oral saam met Paulus gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Party van hulle het twee van Paulus se helpers, Gaius en Aristargos, gegryp en soontoe gesleep. Hulle twee was uit Noord-Griekeland afkomstig.