Acts 19:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat nie net hierdie ons ambag in gevaar is om tot niet te gaan nie; maar ook dat die tempel van die groot godin Diana geminag moet word, en haar heerlikheid vernietig moet word, wat die hele Asië en die wêreld aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis nie net ’n geval van ons bedryf wat gevaar loop om sy goeie naam te verloor nie. Die gevaar bestaan ook dat die tempel van die groot godin Artemis, wat die hele Asië én die wêreld as god vereer, as nikswerd beskou word en dat sy van haar grootheid beroof gaan word!”
Afrikaans 1933/1953 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.
Afrikaans 1983 Ons bedryf staan in gevaar om 'n slegte naam te kry. En nie net dit nie. Die gevaar is ook dat die tempel van die groot godin Artemis sy betekenis sal verloor en dat sy van haar grootheid berowe sal word, hierdie godin wat in die hele provinsie Asië en oor die hele wêreld vereer word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit hou die gevaar in dat nie net ons beroep in onguns raak nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Artemis as onbenullig beskou word en dat sy, wat in die hele Asië en die hele wêreld vereer word, van haar grootheid beroof sal word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal nou 'n groot probleem kom. Ons is bekommerd dat die mense sleg sal praat van ons werk, en ook dat die mense sal dink die tempel van die groot godin Artemis beteken niks. Al die mense van Asië en die mense van die hele wêreld, almal wat vir Artemis respekteer, sal nie meer dink dat sy so groot en belangrik is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As dit so aanhou, gaan niemand meer ons beelde koop nie. Die mense is besig om al hulle respek vir ons handewerk te verloor. Ons groot godin Artemis se naam word deur die modder gesleep. Binnekort sal niemand meer haar tempel wil besoek nie. Sy word immers deur ons hele provinsie en oor die hele wêreld heen as ’n magtige godin vereer.”