Acts 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder sien en hoor julle dat hierdie Paulus nie alleen in Efese nie, maar byna in die hele Asië, baie mense oorreed en weggewys het deur te sê dat hulle geen gode is wat met hande gemaak is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En nou sien en hoor julle dat hierdie Paulus ’n beduidende klomp mense van sy standpunt oortuig het, naamlik dat gode wat met die hand gemaak word, glad nie gode is nie. En dit gebeur nie net in Efese nie, maar in byna die hele provinsie Asië!
Afrikaans 1933/1953 en julle sien en hoor dat nie alleen in fese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
Afrikaans 1983 Julle sien en hoor self dat hierdie Paulus daarin geslaag het om nie net in Efese vir hom 'n groot aanhang te kry nie, maar ook in byna die hele provinsie Asië. Hy sê dat goed wat met die hand gemaak word, nie gode is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en julle sien en hoor dat hierdie Paulus nie net in Efese nie, maar in byna die hele Asië 'n groot aantal mense oorreed en mislei het deur te sê dat gode wat met die hand gemaak word, glad nie gode is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sien en hoor ook wat hierdie Paulus in Efese en in die hele provinsie Asië gedoen het. Hy het baie mense verkeerde dinge laat begin glo. Hy het vir hulle gesê: ‘Mense maak hierdie gode met hulle hande, maar die gode lewe nie regtig nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie Paulus, van wie julle ook al gehoor het, is besig om die hele wêreld deurmekaar te maak met sy vreemde leringe. Omtrent elkeen in ons stad, ja, byna die hele Asië, begin nou al glo dat ons handgemaakte gode nie regtig lewe nie.