Acts 19:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat hy saam met die werkers van dieselfde beroep geroep het en gesê het: Menere, julle weet dat ons deur hierdie kuns ons rykdom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy roep toe die ambagsmanne en ander wat soortgelyke werk doen, en sê vir hulle: “Manne, julle weet dat ons voorspoed uit dié bedryf kom.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,
Afrikaans 1983 Hy roep hulle en ander mense wat soortgelyke werk doen, toe bymekaar en sê vir hulle: “Mense, julle weet dat ons voorspoed van hierdie werk afhang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle, en ook ander wat soortgelyke ambagte beoefen, byeengeroep en gesê: “Manne, julle weet dat ons welvaart van hierdie bedryf afhanklik is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het toe al hierdie ambagsmanne en ander mense wat ook dieselfde werk gedoen het, geroep om bymekaar te kom, en hy het vir hulle gesê: “Mense, julle weet dat hierdie werk wat ons doen, vir ons ryk maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het hy hulle bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Vriende, ons maak regtig ’n goeie bestaan uit ons beeldjies. Dit sal egter nie meer lank so aanhou as ons nie iets drasties doen nie.