Acts 19:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want 'n sekere man met die naam van Demetrius, 'n silwersmid, wat silwer heiligdomme vir Diana gemaak het, het geen geringe wins vir die ambagsmanne gebring;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het begin by ’n silwersmid met die naam Demetrius. Hy het silwer Artemistempeltjies gemaak en vir ambagsmanne ’n beduidende verdienste verskaf.
Afrikaans 1933/1953 Want iemand met die naam van Dem,trius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
Afrikaans 1983 'n Silwersmid met die naam Demetrius het silwerbeelde van die tempel van Artemis gemaak en vir die vakmanne 'n goeie verdienste verskaf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Man met die naam Demetrius, 'n silwersmid wat Artemistempeltjies uit silwer vervaardig het, het 'n inkomste wat glad nie gering was nie, aan die ambagsmanne verskaf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n silwersmid in Efese. Sy naam was Demetrius. Hy het klein huisies van silwer gemaak, die huisies het gelyk soos die tempel van Artemis. So het Demetrius gesorg dat die ambagsmanne altyd baie werk gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was ’n silwersmid wat silwerbeeldjies van die godin Artemis gemaak het. Hy was ook ’n baie suksesvolle sakeman wat aan ’n hele aantal vakmanne werk verskaf het. Demetrius het gesorg dat hulle almal goeie winste maak uit die vervaardiging van hierdie beelde.