Acts 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nadat hierdie dinge verby was, het Paulus, toe hy deur Masedonië en Achaje getrek het, in die gees voorgeneem om na Jerusalem te gaan en gesê: Nadat ek daar was, moet ek ook Rome sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het Paulus, deur die Gees gedring, besluit om deur Masedonië en Agaje na Jerusalem te reis. “Ná ek daar was,” het hy gesê, “moet ek ook Rome sien.”
Afrikaans 1933/1953 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedonië en Ach je te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
Afrikaans 1983 Na hierdie gebeurtenisse het Paulus besluit om deur Masedonië en Agaje te reis en na Jerusalem toe te gaan. “Nadat ek daar was,” het hy gesê, “moet ek Rome ook besoek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná hierdie gebeurtenisse het Paulus hom voorgeneem om deur Macedonië en Agaje te reis en na Jerusalem te gaan. Hy het gesê: “Nadat ek daar was, moet ek ook Rome sien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat al hierdie dinge gebeur het, het die Heilige Gees vir Paulus laat besluit om deur die provinsies Masedonië en Agaje te gaan tot in Jerusalem. Paulus het gesê: “Nadat ek in Jerusalem was, moet ek ook na die stad Rome gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus het toe besluit om weg te gaan uit Efese. Hy was van plan om deur Masedonië en Agaje na Jerusalem te reis. “Daarna wil ek baie graag Rome toe gaan,” het Paulus vir die gelowiges gesê. “Ek móét die stad eenvoudig sien!” Paulus het solank twee van sy helpers,