Acts 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sê vir hulle: Het julle die Heilige Gees ontvang vandat julle geglo het? En hulle sê vir hom: Ons het nie soseer gehoor of daar 'n Heilige Gees is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle begin glo het?” “Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie,” het hulle hom geantwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. |
| Afrikaans 1983 | vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” Hulle het hom geantwoord: “Nee, ons het nie eers gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het vir hulle gevra: “Het die Heilige Gees in julle gekom toe julle in Jesus begin glo het?” Hulle antwoord toe vir Paulus: “Nee, ons het nie die Heilige Gees gekry nie en ons het ook nog nie gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Het julle ook die Gees se krag in julle lewens ontvang toe julle tot bekering gekom het?” |