Acts 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was bekend aan al die Jode en Grieke wat ook in Éfese gewoon het; en vrees het op almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié gebeure het bekend geword by al die Jode en Grieke in Efese. ’n Gevoel van diep ontsag het oor hulle almal gekom, en die Naam van die Here Jesus is grootgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in fese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
Afrikaans 1983 Al die Jode en Grieke wat in Efese gewoon het, het daarvan te hore gekom. Vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is geprys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het bekend geword onder al die Joodse en Griekse inwoners van Efese, en vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is verheerlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Jode en die Grieke wat in die stad Efese gewoon het, het gehoor wat gebeur het. Toe het hulle almal bang geword, en hulle het die Naam van die Here Jesus geprys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gou-gou het almal in Efese gehoor wat met die seuns van Skeva gebeur het. Die inwoners het baie bang geword. Almal het met groot eerbied oor die Here Jesus gepraat. Baie nuwe bekeerlinge het in die openbaar vertel hoe hulle vroeër in sonde geleef en hoe Jesus hulle lewens verander het.