Acts 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat daar uit sy liggaam sakdoeke of voorskote na die siekes gebring is, en die siektes het van hulle gewyk, en die bose geeste het uit hulle uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy vel geraak het, op siekes gesit is, het hulle siektes verdwyn. Selfs bose geeste het uit mense uitgegaan.
Afrikaans 1933/1953 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
Afrikaans 1983 Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat selfs wanneer sweetdoeke en voorskote wat aan sy lyf was, na siekes geneem is, hulle siektes verdwyn en die bose geeste uitgewyk het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het party mense lappe en klere wat Paulus gedra het, op siek mense gesit. Dan het die mense gesond geword en die bose geeste het uit hulle uitgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs bose magte het padgegee uit die lewens van mense wat in aanraking met Paulus se klere was.