Acts 19:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl Apollos in Korinthe was, kom Paulus deur die boonste gebiede in Éfese, en hy het sekere dissipels gevind,
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binnelandse gebiede van Klein-Asië Efese toe gereis. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in fese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
Afrikaans 1983 Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy 'n groepie gelowiges gekry
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus deur die hoërliggende gebiede gereis en afgegaan na Efese, waar hy 'n aantal dissipels aangetref het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Apollos in die stad Korinte was, het Paulus deur ander plekke in die provinsie Asië gegaan en hy het in die stad Efese gekom. Daar het hy 'n paar gelowiges gekry
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Apollos het ook in Korinte vir die mense van Jesus vertel. Terwyl hy daarmee besig was, het Paulus intussen deur ’n aantal ander gebiede gereis. Toe Paulus in Efese aankom, het hy sowat twaalf volgelinge van Jesus daar raakgeloop. Hy vra toe vir hulle: