Acts 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Crispus, die owerste van die sinagoge, het met sy hele huis in die Here geglo; en baie van die Korinthiërs wat dit hoor, het gelowig geword en is gedoop.
Afrikaans (NLV) 2011 Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele huishouding het tot geloof in die Here gekom. Ook baie Korintiërs het in reaksie op die boodskap gelowig geword en is gedoop.
Afrikaans 1933/1953 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
Afrikaans 1983 Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele huisgesin het tot geloof in die Here gekom. Ook baie ander mense in Korinte wat die boodskap gehoor het, het gelowig geword en is gedoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Krispus, die leier van die sinagoge, het saam met sy hele huis tot geloof in die Here gekom. Ook baie van die Korinthiërs wat hom gehoor het, het gelowig geword en is gedoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Krispus, die leier van die sinagoge, en al die mense in sy huis, het toe in die Here begin glo. Baie mense van die stad Korinte het ook in die Here begin glo nadat hulle van Hom gehoor het, en hulle is gedoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hoof van die sinagoge in Korinte se naam was Krispus. Toe hy hoor wat Paulus oor Jesus sê, het hy tot bekering gekom. Al die mense in sy huis het saam met hom in Jesus begin glo. Baie ander inwoners van die stad het ook gelowig geword toe hulle Paulus hoor preek. Hulle almal is kort daarna gedoop.