Acts 18:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis van 'n sekere man ingegaan, met die naam van Justus, een wat God aanbid het, wie se huis hard aangesluit het by die sinagoge.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is toe daar uit, en het na die huis reg langs die sinagoge gegaan. Dit het behoort aan Titius Justus, ’n nie-Jood wat die ware God aanbid het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat 'n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.
Afrikaans 1983 Toe het hy die sinagoge verlaat en na die huis toe gegaan van 'n godvresende man met die naam Titius Justus. Sy huis was net langs die sinagoge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is toe daarvandaan weg, en het na die huis gegaan van 'n man met die naam Titius Justus, wat God vereer het; sy huis was langs die sinagoge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Paulus uit die sinagoge gegaan en hy het gekom in die huis van iemand wat vir God gerespekteer het. Sy naam was Titius Justus en sy huis was langs die sinagoge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met dié woorde het Paulus omgedraai en uit die sinagoge gestap. Daarna het hy gaan preek in Justus se huis daar reg langs die sinagoge. Justus het vroeër al die Joodse godsdiens aanvaar.