Acts 18:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle teëgestaan het en gelaster het, het hy sy klere geskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle eie hoofde! Ek is rein: van nou af sal ek na die heidene gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hierdie Jode hom egter aanhou teenstaan en beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle bloed is op julle eie kop. Ek is onskuldig. Van nou af spits ek my toe op die nie-Jode.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe hulle hulle aanhou verset en hom beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie. Van nou af gaan werk ek onder mense wat nie Jode is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar omdat hulle aangehou het om hom teen te staan en om lasterlike dinge te sê, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle bloed is op julle eie kop – sonder skuld daaraan sal ek van nou af na die heidene gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Jode was téén Paulus en hulle het slegte dinge van hom gesê. Toe het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle sal verlore gaan, maar dit is nie my skuld nie, júlle is skuldig. Van nou af sal ek na die heidene toe gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teleurgesteld het hy toe opgestaan en daar voor almal die stof uit sy klere geskud. “As julle verlore gaan, is dit net julle eie skuld. Julle bloed is nou op julle eie koppe,” het hy bygevoeg. “Ek het gedoen wat God van my verwag. Ek het vir julle die volle waarheid oor Hom vertel. Nou gaan ek na die heidene toe om met hulle oor Jesus te praat.” |