Acts 18:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het die Jode kragtig oortuig, en dit in die openbaar, deur deur die Skrifte te toon dat Jesus Christus is.
Afrikaans (NLV) 2011 want hy het die Jode in die openbaar kragtig weerlê en met die Skrif bewys dat Jesus die Messias is.
Afrikaans 1933/1953 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
Afrikaans 1983 want hy het die Jode in die openbaar kragtig weerlê en uit die Skrif bewys dat Jesus die Christus is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hy die Jode kragtig in die openbaar teengespreek het, terwyl hy uit die Skrifte bewys het dat Jesus die Christus is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want hy het baie hard met die Jode gestry, al die mense kon dit sien. Hy het gewys dat hulle verkeerd is en hy het uit die Ou Testament vir hulle gelees en gewys dat Jesus die Christus is vir wie almal gewag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Apollos in Agaje opdaag, was die Christene wat daar gewoon het baie bly. Hulle kon sien dat God hom na hulle toe laat kom het, want hy het baie vir hulle almal beteken. Apollos het daar voor almal bewys dat die Jode wat nie in Jesus wou glo nie, verkeerd was. Met hulle slim redenasies was hulle nie opgewasse teen hom nie. Hy het uit die Bybel vir hulle gewys dat Jesus die Messias is.