Acts 18:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hy van plan was om na Achaje oor te gaan, het die broeders geskryf en die dissipels vermaan om Hom te ontvang; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Apollos na Agaje toe wou gaan, het die gelowiges hom aangemoedig. Hulle het vir die gelowiges in Agaje geskryf dat hulle hom moet ontvang. Daar aangekom, het hy baie beteken vir dié wat deur die genade van God gelowig geword het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy wou deurgaan na Ach je, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut; |
| Afrikaans 1983 | Toe Apollos na Agaje toe wou gaan, het die gelowiges hom aangemoedig en vir hom 'n brief saamgegee aan die gelowiges daar om te versoek dat hulle hom vriendelik moet ontvang. Daar aangekom, was hy tot groot hulp vir dié wat deur die genade van God gelowig geword het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy na Agaje wou afreis, het die broers hom aangemoedig en vir die dissipels geskryf om hom gasvry te ontvang. Met sy aankoms daar was hy van groot hulp vir diegene wat deur die genade gelowig geword het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Apollos na die land Agaje wou gaan, het die gelowiges in Efese hom bemoedig. Hulle het ook 'n brief geskryf vir die gelowiges in Agaje om te vra dat hulle vir Apollos moet sê hy is welkom. In Agaje was daar mense wat gelowiges geword het omdat God genadig was vir hulle. Nadat Apollos daar aangekom het, het hy vir hulle baie gehelp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Apollos het daarna besluit om na die Romeinse provinsie Agaje te gaan. Die gelowiges in Efese het hom aangemoedig om dit te doen. Hulle het ’n brief geskryf wat hy moes saamvat waarin hulle vra dat die gelowiges in Agaje vir Apollos vriendelik moet ontvang en blyplek aan hom moet verskaf. |