Acts 18:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin spreek; en toe Aquila en Priscilla dit gehoor het, het hulle hom na hulle geneem en vir hom die weg van God meer volmaak uitgelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het self met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom eenkant gevat en vir hom “Die Pad van God” nog duideliker uiteengesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Prisc¡lla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê. |
| Afrikaans 1983 | Hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die leer van God nog duideliker gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die Weg van God nog duideliker uiteengesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Apollos het in die sinagoge begin preek, hy was nie bang om dit te doen nie. Toe Priscilla en Akwila hoor wat hy sê, het hulle hom saam met hulle huis toe geneem en hulle het vir hom meer vertel van die dinge van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Apollos het ook in die sinagoge in Efese met die mense oor Jesus gaan praat. Priscilla en Akwila het hom daar raakgeloop. Toe hulle hoor wat hy vir die mense oor Jesus sê, het hulle besef dat hy nog nie alles mooi verstaan nie. Hulle het hom toe na hulle huis genooi. Daar het hulle die evangelie deeglik aan hom verduidelik. |