Acts 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie man is onderrig in die weg van die Here; en vurig in die gees, het hy die dinge van die Here ywerig gespreek en geleer, omdat hy net die doop van Johannes geweet het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het in “Die Pad van die Here” onderrig ontvang en het met brandende geesdrif gepraat en ander noukeurig geleer van Jesus. Hy het egter net die doop van Johannes geken. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het in die leer van die Here onderrig ontvang en het met groot geesdrif gepraat en aan ander noukeurig alles oor Jesus geleer; maar die doop waarvan hy geweet het, was net dié van Johannes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het oor die Weg van die Here onderrig ontvang, en geesdriftig gepraat en deeglike onderrig gegee oor die dinge wat op Jesus betrekking het, alhoewel hy net die doop van Johannes geken het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Apollos het by mense baie geleer hoe die Here wil hê 'n mens moet lewe. Hy was baie opgewonde en hy het aanmekaar daaroor gepraat. Hy het vir die mense die dinge oor Jesus reg geleer, maar hy het net geweet dat Johannes die Doper mense gedoop het. Hy het nie geweet dat die apostels ook mense gedoop het in die Naam van Jesus nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Apollos was ’n goeie prediker. Hy het sy bes gedoen om die mense te leer hoe om Jesus na te volg. |