Acts 18:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n sekere Jood met die naam van Apollos, gebore in Aleksandrië, 'n welsprekende man en magtig in die Skrif, het na Efese gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het Apollos, ’n Jood wat in Aleksandrië gebore is, in Efese aangekom. Hy was ’n begaafde spreker en goed met skrifuitleg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandr¡ë gebore was, 'n welsprekende man, het in Âfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte. |
| Afrikaans 1983 | Intussen het daar 'n Jood met die naam Apollos, wat in Aleksandrië gebore is, in Efese aangekom. Hy was 'n begaafde spreker met 'n deeglike kennis van die Skrif. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Jood met die naam Apollos, 'n boorling van Aleksandrië, het in Efese aangekom. Hy was 'n welsprekende man, goed onderlê in die Skrifte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Jood, Apollos, het in die stad Efese aangekom. Hy is gebore in die stad Aleksandrië en hy was iemand wat baie goed kon praat. Hy het die Ou Testament baie goed geken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het ’n Christen met die naam Apollos in Efese aangekom. Hy was ’n Jood wat in die stad Aleksandrië in Egipte gebore is. Apollos was ’n goeie spreker. Hy het die Bybel ook goed geken. Tog was sy kennis oor Jesus nog maar gebrekkig. Hy was net met die doop van Johannes die Doper gedoop. |