Acts 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat Hy 'n tyd daar deurgebring het, het Hy weggegaan en die hele land Galasië en Frigië in volgorde deurgetrek en al die dissipels versterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na hy ’n tyd lank in Antiogië gebly het, het hy weer vertrek. Hy het deur die landstreke Galasië en Frigië gereis, en oral die gelowiges geestelik versterk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hy 'n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die land Gal sië en Fr¡gië deurgereis en al die dissipels versterk. |
| Afrikaans 1983 | waar hy 'n tyd lank gebly het. Daarna het hy weer vertrek en deur die landstreek van Galasië en Frigië gereis. Oral het hy die gelowiges geestelik versterk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Paulus 'n tyd lank daar gebly het, het hy weer vertrek, en van plek tot plek deur die landstreek van Galasië en deur Frigië gereis, en al die dissipels versterk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het 'n tyd lank daar gebly. Toe het Paulus weggegaan van die stad Antiogië en hy het van die een plek na die ander plek deur die lande Galasië en Frigië gegaan. Hy het al die gelowiges bemoedig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n kort rustydjie het hy weer begin reis, dié keer deur die landstreke van Galasië en Frigië. Hy het by al die gelowiges wat daar gebly het ’n draai gaan maak en hulle moed ingepraat. |