Acts 18:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n sekere Jood met die naam van Aquila gevind, gebore in Pontus, wat onlangs van Italië gekom het, saam met sy vrou Priscilla; (omdat Claudius al die Jode beveel het om van Rome af te vertrek) en na hulle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het hy Akwila ontmoet, ’n Jood wat in Pontus gebore is. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom. Hulle is uit Italië weg omdat keiser Claudius beveel het dat alle Jode Rome moes verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek.
Afrikaans 1933/1953 En hy het 'n Jood gevind met die naam van Aquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Prisc¡lla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;
Afrikaans 1983 Daar het hy vir Akwila, 'n Jood wat in Pontus gebore is, ontmoet. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom, nadat keiser Claudius beveel het dat al die Jode Rome moet verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het hy 'n Jood met die naam Akwila aangetref, 'n boorling van Pontus, wat kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, daar aangekom het uit Italië, omdat Claudius beveel het dat alle Jode Rome moes verlaat. Paulus het na hulle gegaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus het daar 'n Jood ontmoet, sy naam was Akwila en sy familie het van die provinsie Pontus gekom. Hy en sy vrou Priscilla het kort voor daardie tyd van Italië daarnatoe gekom omdat keiser Claudius gesê het dat al die Jode moet weggaan uit die stad Rome. Paulus het na hulle toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het hy ’n Jood met die naam Akwila teëgekom. Akwila is in Pontus gebore. Hy en sy vrou Priscilla het kort tevore uit Italië padgegee. Dit was net nadat keiser Claudius beveel het dat alle Jode uit Rome weggejaag moes word. Paulus het by hulle in Korinte gaan bly.