Acts 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in Éfese gekom en hulle daar gelos; maar self het hy in die sinagoge ingegaan en met die Jode geredeneer.
Afrikaans (NLV) 2011 By hulle aankoms in Efese het Paulus sy reisgenote by die hawe gelos en self die sinagoge besoek. Daar het hy met die Jode geredeneer.
Afrikaans 1933/1953 En hy het in fese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.
Afrikaans 1983 By hulle aankoms in Efese het Paulus sy reisgenote verlaat en in die sinagoge ingegaan, waar hy met die Jode geredeneer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het in Efese aangekom, waar hy sy reisgenote agtergelaat het. Self het hy egter die •sinagoge binnegegaan en met die Jode geredeneer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hulle in Efese gekom, dit is die stad waar Paulus vir Akwila en Priscilla laat bly het toe hy later daar weggegaan het. Paulus het eers na die sinagoge gegaan en hy het daar met die Jode gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna is Paulus na Efese toe. Akwila en Priscilla het besluit om in Efese agter te bly. Met sy verblyf in die stad het Paulus ’n vinnige besoek by die plaaslike sinagoge afgelê. Daar het hy met die Jode oor Jesus gaan praat. Die mense was so aangegryp deur wat hy gesê het dat hulle wou hê hy moes nog ’n hele ruk by hulle bly. Paulus het egter nie daarvoor kans gesien nie.