Acts 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as dit 'n kwessie is van woorde en name en van julle wet, let daarop; want ek sal geen regter oor sulke sake wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar aangesien dit ’n twis is oor ’n boodskap en name en oor julle eie wet, moet julle self daaraan aandag gee. In sulke sake wil ek nie regter wees nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar as dit 'n geskil is oor 'n woord en oor name en oor 'n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar aangesien dit 'n geredekawel is oor woorde en name en julle eie wet, moet julle self daaroor beslis. In sulke sake wil ek nie regter wees nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar aangesien dit 'n geskil is oor woorde en name en julle eie wet, moet julle maar self toesien. Ek wil nie daaroor regter wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle stry met mekaar oor woorde en name en oor julle eie wette, daarom moet julle self daaroor besluit. Ék wil nie 'n regter wees om oor hierdie dinge te besluit nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar nou mors julle my tyd met julle kleinlike godsdienstige geskille. Ek stel regtig nie belang in wie almal julle godsdienstige wet moet gehoorsaam nie. Julle moet dié probleme maar self oplos.” |