Acts 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Paulus nou sy mond wou oopmaak, sê Gallio vir die Jode: As dit 'n saak van verkeerde of goddelose skande was, o Jode, dan moet ek dit met julle verdra.
Afrikaans (NLV) 2011 Net toe Paulus homself wou begin verdedig, sê Gallio vir die Jode: “As dit oor ’n onreg of ’n ernstige misdaad gegaan het, Jode, sou ek julle klag aangehoor het.
Afrikaans 1933/1953 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê G llio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;
Afrikaans 1983 Paulus wou praat, maar toe sê Gallio vir die Jode: “As dit oor 'n onreg of 'n ernstige misdaad gegaan het, was dit my plig om geduldig na julle Jode te luister.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Paulus wou begin praat, het Gallio vir die Jode gesê: “O, Jode, as dit oor 'n onreg of ernstige misdaad gegaan het, sou ek met rede julle aanklag toegelaat het;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Paulus wou begin praat, het Gallio vir die Jode gesê: “Jode, ek praat met julle. Ek sou geduldig gewees het met julle as hierdie man 'n verkeerde of 'n baie slegte ding gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus was ook by toe die Jode hom daar voor Gallio aangekla het. Hy wou nog iets sê om homself te verdedig, maar Gallio het hom nie eens ’n kans gegee nie. “Kyk, as hierdie man iets verkeerds gedoen het, of as hy ’n misdadiger was, sou ek sekerlik na julle geluister het,” het Gallio vir die Jode gesê.