Acts 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle hulle nie kry nie, het hulle Jason en sekere broers na die owerstes van die stad getrek en geroep: Hulle wat die wêreld omgekeer het, het ook hierheen gekom;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Jode hulle nie kry nie, sleep hulle vir Jason en ’n paar ander gelowiges na die stadsowerhede en skreeu: “Dít is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. En nou is hulle hier in ons stad.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en 'n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,
Afrikaans 1983 Toe die Jode hulle nie kry nie, sleep hulle vir Jason en 'n paar ander gelowiges na die stadsbestuur toe en skreeu: “Dit is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. Hulle is nou hier in ons stad,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe hulle hulle nie kry nie, het hulle Jason en 'n paar ander broers na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: “Die mense wat die hele wêreld in opstand bring, het nou ook hier aangekom
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Jode het nie vir Paulus en Silas gekry nie, en daarom het hulle vir Jason en party van die gelowiges na die leiers van die stad geneem en geskree: “Dit is hierdie mense wat al die mense se koppe deurmekaar gemaak het, en hulle is nou hier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die skare hoor dat hulle in Jason se huis bly, het hulle sy huis bestorm. Hulle wou Paulus en Silas vang en hulle in die openbaar laat verhoor.