Acts 17:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sommige van hulle het gelowig geword en saamgestem met Paulus en Silas; en van die vrome Grieke 'n groot menigte, en van die vernaamste vroue nie min nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Party van hulle het toe oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. ’n Groot aantal Grieke wat die ware God aanbid het, en ’n klomp vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.
Afrikaans 1933/1953 En sommige van hulle is oortuig en het hulle by Paulus en Silas aangesluit, ook 'n groot menigte van die godsdienstige Grieke en 'n groot aantal van die aansienlikste vroue.
Afrikaans 1983 Party van die Jode het oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. 'n Groot aantal godvresende Grieke en 'n aansienlike getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sommige van hulle is oortuig en het by Paulus en Silas aangesluit, so ook 'n menigte Grieke wat God vereer, en geen geringe aantal vooraanstaande vroue nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van hulle het gedink dit is reg wat Paulus vir hulle gesê het, en hulle het begin glo soos Paulus en Silas glo. Baie van die Grieke wat vir God gerespekteer het, en baie van die belangrike vroue, het ook begin glo in Jesus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Party van die mense het Paulus se prediking geglo. Hulle het daar voor almal by hom en Silas aangesluit. Saam met hulle het baie Grieke wat vroeër die Joodse geloof aanvaar het, asook ’n hele aantal van die vooraanstaande vroue in die stad, tot geloof in Jesus gekom.