Acts 17:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle hoor van die opstanding van die dooies, het sommige gespot, en ander het gesê: Ons sal jou weer van hierdie saak hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle van die opstanding van die dooies hoor, het party hom uitgelag, maar ander het gesê: “Ons wil graag later meer hieroor van jou hoor.”
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
Afrikaans 1983 Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle van die opstanding van die dooies hoor, het sommige hom uitgelag, terwyl ander gesê het: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle hoor dat Paulus sê dat God mense wat dood is, weer laat lewe, het party mense vir Paulus begin lag en spot, maar party het gesê: “Ons sal weer wil hoor wat jy hieroor sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die mense hoor hoe Paulus sê dat Jesus lewendig geword het, het hulle hom hardop uitgelag. Ander was egter nie so skepties nie. “Vertel ons nog meer. Ons wil graag nog hieroor hoor,” het hulle vir Paulus gesê. Hy het egter genoeg van hulle gehad en besluit om liewer te vertrek.