Acts 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Open en beweer dat Christus moes gely en uit die dood opgestaan het; en dat hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, Christus is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die Skrif uitgelê en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Christus.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur die Skrifte uit te lê, het hy bewys dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Christus is Jesus, wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het dit vir hulle verduidelik. Hy het ook vir hulle verduidelik dat die Christus moes swaarkry en sterf en dat Hy weer moes lewe. Hy het ook gesê: “Ek vertel vir julle van Jesus. Hý is die Christus.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se plan was dat die Messias moes kom ly en sterf, maar dat Hy op die derde dag na sy dood weer lewendig gemaak is. En hy het bygevoeg: “Hierdie Jesus van wie ek julle vertel, Hy is die Messias. Hy is God se Gestuurde.” |