Acts 17:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien ons dan die nageslag van God is, behoort ons nie te dink dat die Godheid soos goud of silwer of klip is wat deur kuns en mens se plan gegraveer is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons moet dus nie aan God dink in terme van beelde van goud, silwer of klip nie. Ons is dan self sy nageslag. Sulke beelde is bloot skeppings van mense se vaardigheid en verbeelding. |
| Afrikaans 1933/1953 | As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. |
| Afrikaans 1983 | Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Aangesien ons dan van God se geslag is, moet ons nie dink dat die goddelike wese soos goud of silwer of klip is nie – 'n beeld gevorm deur die vaardigheid en ingewing van 'n mens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Omdat ons die nageslag van God is, moet ons nie dink dat God lyk soos 'n beeld van goud of silwer of klip nie. Mense dink God lyk so, en dan maak hulle so 'n beeld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Ons is deur God gemaak. Ons behoort aan Hom.’ “As dit dan waar is dat ons almal aan God behoort en dat ons van Hom af kom, is dit mos dom om te dink dat iemand ’n beeld van Hom kan maak. Dit is blote menslike vindingrykheid om afgodsbeelde te maak. |