Acts 17:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat hulle die Here sou soek, as hulle Hom miskien kon aanvoel en Hom vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons af nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; |
| Afrikaans 1983 | God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het dit gedoen sodat die mense vir Hom sal probeer soek soos mense wat rondvoel in die donker om Hom te probeer kry. Maar Hy is nie ver van elkeen van ons nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God wil hê dat al die volke op die aarde Hom moet dien. Hy wil hê dat ons almal voor Hom moet buig. Gelukkig is God naby aan ons almal.” |