Acts 17:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook word hy nie met mensehande aanbid asof hy iets nodig het nie, omdat Hy aan alle lewe en asem en alles gee; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mensehande kan nie na sy behoeftes omsien nie, want Hy het aan niks behoefte nie. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy word ook nie deur menslike hande bedien, asof Hy aan iets behoefte het nie – dit is Hy wat aan almal lewe en asem, ja alles, gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense moenie vir hierdie God sorg nie, dit is nie nodig nie. Hy is die Een wat vir al die mense lewe gee, Hy laat hulle asemhaal, en Hy gee alles vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hom van die oggend tot die aand moet bedien met allerhande offers nie. Die God van wie ek julle vertel, is nie van ons mense afhanklik nie. Hy het alles op die aarde gemaak, ook elkeen van julle. Dit is Hy wat sorg dat ons elke dag asemhaal. |