Acts 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Want al die Atheners en vreemdelinge wat daar was, het hulle tyd in niks anders deurgebring nie, as om te vertel of om iets nuuts te hoor.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | (Al die Ateners en die uitlanders in Atene het feitlik al hulle tyd aan die bespreking van nuwe idees bestee.) |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te sê of te hoor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die Atheners en ook die uitlanders wat daar woon, het vir niks anders tyd as om oor iets nuuts te praat of daarna te luister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het dit gevra, want al die mense wat in die stad Atene gewoon het, en ook die vreemdelinge wat daar gewoon het, het altyd baie tyd gehad om te praat oor iets wat hulle nog nie voorheen gehoor het nie, of om daarna te luister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Atene was ’n stad vir nuwe dinge. Al wat inwoner en besoeker aan die stad was, wou weet wat die jongste filosofie en godsdiens was; daarom dat die mense so nuuskierig was om te hoor wat Paulus te sê gehad het. |