Acts 17:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom geneem en na Areopagus gebring en gesê: Mag ons weet wat hierdie nuwe leer is, waarvan jy praat?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hom na die Areopagusraad toe gevat en gesê: “Ons wil graag meer weet oor hierdie nuwe leer wat deur jou verkondig word.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hom geneem en op die Areopagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
Afrikaans 1983 Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gesê: “Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom geneem en na die Areopagus gebring en gesê: “Mag ons weet wat die nuwe leer is wat deur jou verkondig word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het toe vir Paulus na die vergadering op die Areopagus geneem en vir hom gesê: “Ons wil nou weet wat die nuwe dinge is wat jy vir die mense leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié mense het met Paulus gereël om ’n openbare toespraak op die Areopagus te kom hou. “Kom vertel ’n bietjie vir ons van hierdie nuwe godsdiens van jou,” het hulle gesê.