Acts 17:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het sekere filosowe van die Epikureërs en van die Stoïke hom teëgekom. En sommige het gesê: Wat sal hierdie brabbelaar sê? ander, dit lyk of Hy 'n opsteller van vreemde gode is, omdat Hy aan hulle Jesus en die opstanding verkondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Paar filosowe, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gedebatteer. Toe Paulus oor Jesus en sy opstanding praat, het party gesê: “Wat sou hierdie kletskous tog wil sê?” Ander het gesê: “Hy klink na vreemde gode se boodskapper.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sommige van die Epikur,‹ese en die Sto‹synse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode -- omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het. |
| Afrikaans 1983 | 'n Paar wysgere, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gestry. Party het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” Ander het gesê: “Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is.” Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van die Epikuriese en Stoïsynse filosowe het ook met hom gedebatteer, en party van hulle het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” En omdat hy Jesus en die opstanding verkondig het, het ander van hulle weer opgemerk: “Dit lyk of hy 'n verkondiger van vreemde gode is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party filosowe, Epikureërs en Stoïsyne, het met Paulus gestry. Party van hulle het gesê: “Hierdie man is 'n grootmond, hy spog baie. Wat wil hy vir ons leer?” Ander mense het gesê: “Ons dink hy is 'n boodskapper van gode wat ons nie ken nie.” Hulle het dit gesê omdat Paulus vir die mense vertel het van die goeie boodskap van Jesus en dat God mense weer sal laat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groep persone wat die filosofiese beskouings van die Epikureërs en die Stoïsyne aangehang het, het met Paulus begin stry. Party van hulle het hom sommer openlik beledig: “Watse nonsens is dit wat hierdie man kwytraak? Hy het nie ’n idee wat hy sê met al die stories wat hy vertel nie!” Ander was egter nuuskierig toe hulle hoor hoe hy oor Jesus en sy opstanding uit die dood praat. “Hier is ’n nuwe godsdiens waarvan ons meer moet hoor,” het hulle vir mekaar gesê. |