Acts 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl Paulus in Atene vir hulle gewag het, het sy gees in hom geroer toe hy die stad sien wat geheel en al aan afgodery gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Paulus in Atene vir hulle wag, het hy diep verontwaardig geword toe hy agterkom die stad is so vol afgodsbeelde.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Paulus in Ath,ne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
Afrikaans 1983 Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Paulus in Athene op hulle gewag het, was hy in sy gees diep verontwaardig toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Paulus in die stad Atene vir Silas en Timoteus gewag het, het Paulus baie kwaad en ontsteld geword toe hy sien dat die stad vol beelde van afgode was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Paulus in Atene op Silas en Timoteus gewag het, het hy in die stad gaan rondloop.