Acts 17:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die Jode van Tessalonika geweet het dat die woord van God deur Paulus in Berea verkondig is, het hulle ook daarheen gekom en die volk opgewek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Jode van Tessalonika egter hoor dat die woord van God ook in Berea deur Paulus verkondig word, het hulle ook dáár oproer gaan stook en die skares opgesweep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die Jode van Thessalon¡ka verneem het dat die woord van God ook in Ber,a deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Jode in Tessalonika egter hoor dat Paulus die woord van God ook in Berea verkondig, het hulle ook dáár oproer gaan stook en die mense opgesweep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Jode van Thessalonika egter verneem dat die woord van God ook in Berea deur Paulus verkondig is, het hulle ook daar die skares gaan opsweep en in oproer gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe die Jode van die stad Tessalonika hoor dat Paulus ook in die stad Berea vir die mense die boodskap van God gebring het, het hulle ook daarnatoe gekom en hulle het baie mense opstandig en kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het die Jode in Tessalonika gehoor dat Paulus besig was om vir die mense in Berea van God te vertel. Hulle het dadelik soontoe gegaan en met ’n skinderveldtog teen hulle begin. Alte gou het hulle die inwoners van Berea ook teen Paulus en Silas opgesweep. Toe die skare weer met hulle optogte en betogings begin, het die gelowiges besluit om Paulus vinnig uit die stad te kry. |