Acts 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het baie van hulle geglo; ook van eerbare vroue wat Grieke was, en van mans, nie min nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans.
Afrikaans 1933/1953 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n groot aantal, vroue en manne.
Afrikaans 1983 Baie van die Jode het gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, mans sowel as vooraanstaande vroue.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As gevolg daarvan het baie van hulle, en ook nie 'n geringe aantal van die vooraanstaande Griekse vroue en mans nie, gelowig geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie van die Jode en van die belangrike Griekse vroue en mans het in die Here Jesus begin glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense daar was darem ’n bietjie vriendeliker as in Tessalonika. Hulle het opgewonde geluister na alles wat Paulus-hulle vir hulle gesê het. Elke dag het hulle almal lang gesprekke oor die Bybel gevoer. Hulle wou vasstel of alles wat Paulus gesê het wel daarin opgeteken staan. Uiteindelik het baie Jode tot geloof in Jesus gekom; so ook ’n groep van die belangrike mans en vroue in die stad.