Acts 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle was edelmoediger as dié in Tessalonika, deurdat hulle die woord met alle welwillendheid aangeneem het en daagliks die Skrifte ondersoek het of hierdie dinge so was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie mense was edelmoediger as die in Thessalon¡ka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. |
| Afrikaans 1983 | Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie Jode was anders as die Jode in Tessalonika, hulle wou graag leer en hulle het baie graag geluister na wat Paulus en sy vriende vertel het. Hulle het elke dag die Ou Testament baie goed gelees om te kyk of die dinge waar is wat Paulus en sy vriende vertel het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar het hulle na die Joodse sinagoge gegaan en begin preek. |