Acts 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n gesig het in die nag aan Paulus verskyn; Daar het 'n man van Masedonië gestaan en hom gebid en gesê: Kom oor na Masedonië en help ons. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het Paulus in die nag ’n visioen gehad. Hy het ’n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: “Kom oor na Masedonië toe en help ons.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Paulus het 'n gesig in die nag gesien -- daar staan 'n Macedoniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedonië en help ons! |
| Afrikaans 1983 | Daar het Paulus in die nag in 'n gesig 'n Masedoniese man gesien wat by hom staan en hom smeek: “Kom oor na Masedonië toe en help ons.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie nag het Paulus 'n visioen gehad. 'n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die nag het die Here vir Paulus iets gewys, dit was soos in 'n droom. 'n Man van die provinsie Masedonië het daar gestaan en hy het vir Paulus mooi gevra: “Kom asseblief oor die see na ons toe en kom help ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Troas het Paulus een nag ’n visioen gesien. Hy het gesien hoe ’n man uit Masedonië, daar in die noorde van Griekeland, voor hom kom staan en by hom pleit: “Kom dadelik na ons toe. Kom help ons!” |