Acts 16:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het uit die gevangenis uitgegaan en in die huis van Lídia ingegaan; en toe hulle die broers sien, het hulle hulle getroos en weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus en Silas is toe terug na Lidia se huis, en hulle het die gelowiges gesien en hulle bemoedig. Daarna het hulle vertrek.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van L¡dia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan.
Afrikaans 1983 Nadat hulle uit die tronk gekom het, is hulle na Lidia se huis toe, waar hulle die gelowiges gesien en bemoedig het. Daarna het Paulus-hulle vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle uit die tronk kom, het hulle na Lidia se huis gegaan. Daar het hulle die broers gesien, hulle moed ingepraat en vertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Paulus en Silas uit die tronk gegaan het, het hulle na Lidia se huis gegaan. Daar het hulle die gelowiges gesien en hulle het die gelowiges bemoedig. Toe het Paulus en Silas weggegaan van Filippi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle twee het eers na Lidia se huis toe gegaan om van al die gelowiges afskeid te neem. Paulus en Silas het hulle nuwe broers en susters in die Here aangemoedig om te volhard op die pad van die Here. Toe het hulle vertrek.