Acts 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle deur die stede gegaan het, het hulle die insettinge oorgegee om te onderhou, wat deur die apostels en ouderlinge wat in Jerusalem was, bepaal was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos hulle die stede deurreis het, het hulle die besluite wat die apostels en ouderlinge in Jerusalem geneem het, aan die gelowiges oorgedra om daarvolgens te leef. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou. |
| Afrikaans 1983 | Soos hulle van stad tot stad gereis het, het hulle die besluite wat die apostels en ouderlinge in Jerusalem geneem het, aan die gelowiges oorgedra en hulle beveel om daarvolgens te handel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos hulle van stad tot stad gereis het, het hulle die voorskrifte waarop die •apostels en ouderlinge in Jerusalem besluit het, aan die gelowiges oorgedra om dit te onderhou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Paulus en sy vriende deur die stede gegaan het, het hulle vir die gelowiges vertel wat die apostels en die ouderlinge in Jerusalem besluit het. Hulle het ook vir die gelowiges gesê dat hulle moet doen wat die apostels en die ouderlinge besluit het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Paulus en Timoteus by ’n paar gemeentes gaan besoek aflê. Oral het hulle vir die gelowiges vertel van die besluite wat die kerkleiers in Jerusalem geneem het oor daardie voorskrifte wat al die gelowiges moes gehoorsaam. |